Beyers Bytjies en kleuters se dankbaarheid

Die jaar het al heelwat gevorder en hierdie afgelope 9 maande het ons weer net besef hoe goed ons Hemelse Vader vir hierdie Kleuterskool is.

Die afgelope 3 maande het daar so baie dinge met ons gebeur dat ons dit net met almal moet deel:

  1. Ons het ‘n aantal studente van die Universiteit gehad wat gehoortoetsing van geidentifiseerde kleuters vir ons kom doen het waarvoor ons baie dankbaar is.

  2. Ons het ook haarkappers gehad wat ons kleuters sowel as ons ouers se hare kom sny het en hulle het ook ‘n lekker partytjie vir ons kleuters kom hou en hulle lekker bederf.

  3. Daar was ook die besoek van studente van Onderstepoort Dierebeskerings Vereniging in samewerking met die Johannesburg se dieretuin en hulle het vir ons kleuters ‘n paar diere soos slange, uile, diere wat opgestop is soos tiere ens, kom wys wat almal baie geniet het.


  4. Ons het ook opedag saam met L/S Genl. Beyers se Graad een’s gehad die 20ste Augustus en dit het wonderlik afgeloop.

  5. Ons het ook dan 2 "Make Overs" gehad vir ons mammas en dit was lekker om hierdie mammas wat so baie doen en deurgaan so ‘n bietjie te bederf. Ons het in 2 groepe verdeel naamlik - Afrikaans sprekende mammas wat deur ‘n groep jongdames wat in die skoonheidsbedryf is bederf en dan het Hanna Charity - ons engels sprekende mammas kom bederf met ‘n heerlike oggend by die skool en skoonheidsmiddels uitgedeel.

  6. Groep 1


    Groep 2


  7. Hierdie afgelope 3 maande is Beyers Bytjies geseën met skenkings van voedsel en klere. Ons kon ook ‘n klompie huisgesinne help met ‘n kospakkies om huistoe te vat.

  8. Hope Starts at Hatfield het ook ons kleuters lekker verras met ‘n partytjie in Hatfield waar die kleuters baie bederf is met eetgoedjies, perdry, hansworse en motorfietse en nog baie meer.

  9. Ons het ook ‘n uitstappie na die Bester Birds, Animals and Zoopark onderneem met ‘n groep van ons maatjies waar die kleuters hulle self kon uitleef deur aan hierdie diere te vat en hulle kon nie uitgepraat raak oor al die diere wat hulle gesien het nie.

  10. Zoopark

 

Rolstoel Skenking!

image Woensdag die 20ste Augustus was 'n wonderbaarlike dag vir Faan en Hettie. Die Methodist Kerk het 'n rolstoel aan hom geskenk.

Faan is 'n geliefde persoon in die gemeenskap en 'n staatmaker by Beyers Bytjies

Ons loof en prys die Here Jesus vir die wonderlike geskenk

Plafon Skenking

image

Die skenking van ‘n plafon word dringend benodig. ‘n Ma en haar twee kinders woon in ‘n motorhuis. Daar is geen plafon in die motorhuis. Die gesin is gedurig siek want gedurende die winter is dit baie koud in die motorhuis en gedurende die somer baie warm.

image

Ons het tans 'n pragtige lokaal waar daar intensiewe werk met ons kleuters gedoen word elke dag. Daar is egter 'n nood vir 'n soortgelyke lokaal om die groot aantal kinders wat arbeidsterapie nodig het te kan help.

Ondersteun gerus ons Borge - Hulle verdien dit!

RocketTheme Joomla Templates